
Matteus 5:3
Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koningkryk van die hemel
Geskiedenis
Die Gereformeerde Kerk (GK) Vredenburg/Saldanha het op 31 Julie 1976 van die GK Kaapstad afgestig. Dit was die eerste van agt gemeentes wat in die daaropvolgende 30 jaar aan die Kaapse Weskus gestig sou word.
Dié jonge gemeente se eredienste is eers by SAS Saldanha gehou en later in die saal van die Militêre Akademie. Die huidige kerkgebou is in 1981 deur die destydse 30 lidmate gekoop van die NG Kerk Vredenburg. Dié gebou is destyds benut as die 007 James Bond Cinema Hall en alles aan die binnekant was swart geverf.
Ds Gert Botha Enslin, ‘n dienspligkapelaan, was die gemeente se eerste leraar en was diensbaar in die gemeente tussen 1985 en 1988. Daarna was die gemeente met betrekking tot ‘n voltydse predikantsbediening vir byna 29 jaar vakant.
Ds KP (Karel) Steyn aanvaar in 2017 ‘n beroep na die gemeente. In 2022 word hy beroep na GK Port Elizabeth en aanvaar die beroep. Die gemeente beroep einde 2022 vir prop Johan Willemse, wat die beroep aanvaar en is op 25 Februarie 2023 deur ds Brahm Robinson (GK Cachet) in die amp bevestig.

