Ons jaarlikse gemeentekamp is vanjaar gehou by die Dwarskersbos Strandoord. Die tema van die naweek se Bybelstudies was “Vreemdelinge en bywoners”.
Aktiwiteite van die naweek het o.a. ingesluit ‘n Bybelvasvra, invul van leer-ken-mekaar vraelyste, ‘n braaibroodjiekompetisie, erediens en ‘n gemeente-ete op Sondag.
Die Kaapse reën oor die naweek kon nie die kampvure en hartlikheid demp nie. Dankie aan almal wat betrokke was. Dit was heerlik om ook op hierdie manier die gemeenskap van gelowiges te bevorder – bine en buite die gemeente!










