
Romeine 12:10
Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar
en wees mekaar daarin tot voorbeeld
Ek Is Nuut
Is u Nuut? Baie welkom by GK Vredenburg/Saldanha! Ons is dankbaar om jou in ons gemeente te verwelkom.
Ons lidmate is wyd verspeid in die Weskus-streek en dit kan uitdagend wees om by die gemeente-aktiwiteite in te skakel. Ons wil jou en jou gesin graag help om gou deel te word van ons gemeente en aktiwiteite.
Gemeentegrense
Die gemeente is deel van Klassis Boland. Die gemeentegrense sluit die volgende dorpe in: Vredenburg, Saldanha, Aurora, Dwarskersbos, Hopefield, Jacobsbaai, Koringberg, Laaiplek, Langebaan, Moorreesburg, Paternoster, Piketberg, Redelinghuys, St Helenabaai, Velddrif en Yzerfontein.
Enige Vrae
As u enige vrae het oor ons gemeente, moenie huiwer om ons te kontak nie! Ons help graag. Ons e-posadres is: kerkkantoorgk@gmail.com
